United Democratic Front

Die United Democratic Front (afkorting UDF; Afrikaans: Verenigde Demokratiese Front) was ’n anti-apartheidsorganisasie wat in 1983 gestig is. Die nierassige koalisie van ongeveer 400 burgerlike, kerk-, studente-, werkers- en ander organisasies is aanvanklik gestig om teen die nuwe driekamerparlement te agiteer. Die doel van die UDF was om 'n "nierassige, verenigde Suid-Afrika te vestig waarin segregasie afgeskaf word en waarin die samelewing bevry is van institusionele en stelselmatige rassisme."[1] Die UDF se slagspreuk was: "UDF Unites, Apartheid Divides."

  1. Vorster 2015, p. 4.

Developed by StudentB